has gloss | afr: Swartland en Weskus Herald was n onafhanklike gemeenskapskoerant wat elke Donderdag van 29 April 2002 tot 4 September 2008 op Malmesbury en later Vredendal in die Wes-Kaap uitgegee is. Die koerant se drukoplaag was 6 000 per week. Weekblad vir die Weskus In die Swartland en Weskus is die Herald onder meer op Malmesbury, Moorreesburg, Darling, Piketberg, Porterville, Velddrif, Langebaan en Redelinghuys versprei. In die Olifantsriviervallei was vername verspreidingspunte onder meer Clanwilliam, Citrusdal, Vredendal, Klawer, Lutzville en Vanrhynsdorp. Buiten die hoofkantoor op Vredendal, het die Herald ook n kantoor op Porterville gehad. Die uitgewer en redakteur was Gerard Grobler. Die verslaggewers was Ilna Grobler, Tossie Engelbrecht en Elizna Mouton. Die Herald het gepoog om politiek 'n neutrale standpunt te handhaaf, hoewel die koerant nie geskroom het om standpunt in te neem oor kwessies van gemeenskapsbelang nie. |